Die gemeenskap van Bothaville, waar ‘n sterk boerderygemeenskap bydra tot die kosmandjie van Suid-Afrika, is die afglope week ingelig oor die gevare van die beplande onteiening sonder vergoeding.

Wouter Wessels, VF Plus-LP, het aan die boere tydens ‘n inligtingsessie gesê die beginsel van onteiening sonder vergoeding maak die deur tot totale anargie oop.

Wessels sê dit is tans ‘n baie gevaarlike verkiesingsveldtog wat die EFF en die ANC dryf.

Hy sê dié partye en die ander wat ten gunste van die mosie in die parlement gestem het, propagadeer die mite dat grondonteiening die armoede en werkloosheid krisis sal oplos.

“Ons moet die mites rondom grond weerlê en ons moet die boodskap uitdra dat geen regering met almal se eiendomsreg vertrou kan word nie.

“Dit skep gevaarlike verwagtinge wat reeds tot onwettige grondbesetting gelei het.”

“Ons moet nie onder die illusie verkeer dat die vriendelike, gawe president Ramaphosa nie onteiening sonder vergoeding sal toelaat nie.

“Al sou Ramaphosa in sy tyd as president dalk keer dat onteiening onverantwoordelik plaasvind, sal die wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat, die deur oopmaak en kan toekomstige regerings en presidente dit anders as Ramaphosa benader. Ons moet nie dieselfde fout nou maak as wat tydens die onderhandelings voor 1994 gemaak is nie. Ons kan nie weer op een man se goedgunstigheid soos destyds die geval met Mandela was, vertrou nie,” het Wessels gesê.

VF Plus SLaan Terug SA PEtisie Web ad

Wie kom na Ramaphosa? David Mabuza? Julius Malema?

Wessels het gesê Suid-Afrika kan dit nie bekostig om slegs aan die korttermyn te dink en kompromieë maak wat ons dalk hier en nou beskerm, maar toekomstige geslagte vir die wolwe gooi nie.

“As ons privaat eiendomsreg verloor, word almal in SA benadeel – die ekonomie, banksektor en voedselsekerheid word bedreig.”

“Ons moet almal alles in ons vermoë doen om die grondwetwysiging te keer. Teken die VF Plus se petisie, ondersteun ons onteieningsregfonds; ondersteun ons internasionaliseringsprogram en neem deel aan die proses en openbare debat,” het Wessels versoek.

Wessels sê ons moet die mite dat witmense alles wat hul besit, gesteel het, onomwonde teenstaan.

“Ons moet die mites rondom grond weerlê en ons moet die boodskap uitdra dat geen regering met almal se eiendomsreg vertrou kan word nie.

“Ons boere verkeer onder geweldige druk en moeilike omstandighede – plaasmoorde wat buite beheer is; onstabiliteit; droogte en die feit dat hul die “villians” gemaak word wat alles wat verkeerd loop blameer word. Ons moet ons boere koester wat onder hierdie omstandighede steeds kos produseer en volhard.”

Wessels het ‘n beroep op almal gedoen om saam te staan.

“Kom ons neem standpunt in. Ons hoort hier. SA is ook ons land. Ons is van Afrika en mag nie sonder die nodige teenstand uit ons eie land verjaag word nie,” het Wessels afgesluit.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE