Suid-Afrika wankel op die rand van ‘n afgrond. Misdaad is buite beheer. Die regering se besteding aan salarisse en lone, rente aan staatskuld en maatskaplike bystand aan mense, is naby aan gelyk aan die totale belastinginkomste.

Minder as 7% van munisipaliteite is funksioneel. Riool loop in strate en in riviere in.

Die regering fokus slegs op kunsmatige transformasie wat op grond van velkleur diskrimineer en uitsluit. So het president Cyril  Ramaphosa ‘n jeug-werkskeppingsinisiatief geloods wat slegs swart jeug die geleentheid bied om aan te sluit en wit jeug uitsluit.

Die kiesstelsel en huidige tendense maak dit moontlik dat veelparty-regerings die ANC in sekere provinsies kan verslaan

Werkloosheid en armoede neem toe. Suid-Afrika het tans die hoogste jeug-werkloosheidskoers (52.8%) in die wêreld.

Die regerende party poog om die blaam vir die wanbestuur en tekorte van homself te verskuif en die verlede die skuld vir alle probleme te gee. Daarom dryf die ANC ‘n proses om die Grondwet te wysig om onteiening van eiendom sonder vergoeding moontlik te maak.

Die ANC speel ‘n gevaarlike populistiese spel deur saam met die radikale EFF onteiening sonder vergoeding as die oplossing vir Suid-Afrika se probleme voor te staan.

Is daar hoop? Is daar enige lig in die duisternis?

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, meen die 2019-algemene verkiesing bied ‘n unieke geleentheid aangesien die politieke speelveld vloeibaar is.

“Die kiesstelsel en huidige tendense maak dit moontlik dat veelparty-regerings die ANC in sekere provinsies kan verslaan en ook die regerende party se 62%-magsposisie kan breek,” sê dr. Groenewald.

Die VF Plus het die afgelope jaar sterk groei tydens tussenverkiesings beleef. Dit terwyl ander partye se steun afgeneem het.

This slideshow requires JavaScript.

In wyk 102 in Kaapstad het die VF Plus se aantal stemme met 41% gegroei tydens ‘n tussenverkiesing wat aan die einde van 2017 plaasgevind het. Die ANC het tydens hierdie verkiesing 98% van sy stemme verloor en die DA se stemme het met 79% afgeneem.

Aan die begin van 2018 was daar ‘n tussenverkiesing in wyk 18 in George waar die VF Plus met 91% gegroei het. Later in 2018 het die party in ʼn tussenverkiesing in Wyk 3, ook in George, met 35% gegroei.

“Die groei tydens hierdie tussenverkiesings wys dat kiesers in die Wes-Kaap ‘n alternatief soek. Hulle het vertroue in die DA-regering verloor wat lamgelê is deur binne-gevegte en wie se beleid geen oplossings bied nie aangesien dit soortgelyk aan die van die ANC is,” meen dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

Dr. Mulder sê dit is belangrik vir kiesers om die VF Plus groter as die EFF te maak en sodoende die beleidsrigting van die VF Plus ‘n groter stem te gee.

Met die herverkiesing van die Metsimaholo-plaaslike raad (Sasolburg, Deneysville en Oranjeville) wat ontbind is, het die DA en ANC se aantal stemme met onderskeidelik 18% en 34% verminder. Die VF Plus se stemme het met 35% toegeneem.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê die suksesse van die VF Plus en die party se daadwerklike oplossings vir Suid-Afrika se probleme, is die rede vir die party se groei.

In die Vrystaat het die VF Plus se stemme in wyk 3, Parys, met 73% toegeneem, terwyl die DA 48% stemme verloor het.

Tydens ‘n onlangse tussenverkiesing in Kroonstad het die VF Plus se steun met 2% toegeneem en die DA se steun met 8% gedaal. Die EFF se steun het sedert 2016 in hierdie wyk meer as halveer.

“Daar is hoop. Die tyd is nou.

“Die VF Plus bied oplossings en hoe meer stemme hy op hom kan verenig hoe groter sy mandaat om terug te slaan en hoop te bied.”

Die VF Plus het bewys dat hy in belang van die gemeenskap optree en op alle vlakke van regering oplossings bied en terugslaan teen wanbestuur en vergrype, aldus adv. Anton Alberts, voorsitter van die party.

Adv. Alberts verwys na die volgehoue stryd wat die VF Plus voer om verligting te bring vir Transnet se pensioenarisse wie se fondse op blatante wyse geplunder is. Na volgehoue druk van die party is daar onlangs bonusse aan pensioenarisse betaal.

Hy sê die VF Plus het onlangs ‘n suksesvolle hofaansoek teen ‘n plaaslike munisipaliteit gebring wat ‘n presedent stel vir plaaslike regerings om meer verantwoordbaar teenoor die belastingbetaler te wees.

Waar die VF Plus deel van veelparty-regerings is, is daar beter bestuur, verantwoordbaarheid en deursigtigheid in belang van die gemeenskap,” sê adv. Alberts.

Dr. Groenewald voeg by dat die kiesstelsel dit moontlik maak dat geen stem gemors word nie. Hy meen die party bied oplossings en hoe meer stemme die party op hom kan verenig, hoe groter sy mandaat om terug te slaan en hoop te bied. Die VF Plus veg vir minderheidsregte en geleenthede.

“Daar is hoop. Die tyd is nou. Ek vra vir elke kieser: Gaan stem; stem vir die oplossings wat die VF Plus bied en slaan saam met my terug,” sê dr. Groenewald.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE