“President Cyril Ramaphosa mislei Suid-Afrika deur voor te gee dat onteiening sonder vergoeding noodsaaklik is om grondhervorming te laat slaag,” sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Luidens ‘n berig in Rapport wys ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) omvangryke bedrog en korrupsie in die grondhervomingsproses uit. Een voorbeeld is waar 58 plase deur korrupsie en bedrog verkry is sonder sonder dat daar enige ware eisers of bevoordeldes was. Die waarde van die plase beloop na raming sowat R150 miljoen.

Die VF Plus dring daarop aan dat die president die verslag onmiddellik beskikbaar stel

Groenewald sê die feit dat die SOE-verslag na bewering reeds elf maande op die president se tafel lê, dien as bewys dat hy bewus was van die korrupsie en bedrog, maar nogtans voortgaan met onteiening sonder vergoeding, wel wetende wat die ware probleem met grondhervoming is.

“Die VF Plus het lank reeds gesê die oorsake van die stadige pas van grondhervorming in Suid-Afrika is korrupsie en bedrog. Indien grondhervorming korrek toegepas was met die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper sonder korrupte amptenare, sou die program kon slaag.

“Pres. Ramaphosa se argument dat onteiening sonder vergoeding nodig is om grondhervorming te versnel, is duidelik net ‘n foefie om ‘n rede te vind om grond in Suid-Afrika te nasionaliseer.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die president die verslag onmiddellik beskikbaar stel en onteiening sonder vergoeding van die tafel vee,” sê Groenewald.
Vryheidsfront Plus Freedom Front Plus Slaan Terug

 

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE