Leerders in Koffiefontein is nou die slagoffers van die ANC se mislukkings in die Vrystaat.
Die VF Plus-Jeug in die Vrystaat is bekommerd oor die feit dat leerders nog nie met die nuwe leerplan vir 2019 begin het nie. Die leerders het 2019 met ‘n agterstand begin weens diensleweringsbetogings aan die einde van 2018 wat eksamens op die dorp ontwrig het.
Die VF Plus was die afgelope weke in gesprek met die Vrystaatse departement van onderwys, maar die Vrystaatse regering kon nie daarin kon slaag om die ontwrigting vir kinders en ouers te bestuur nie.
“Gebrekkige munisipale dienste is nou die oorsaak dat leerders, ‘n maand nadat skole heropen is, steeds nie met hul 2019-studies begin het nie, en nou eers die 2018-eksamen moet skryf,” sê Tammy Wessels, VF Plus-jeugleier in die Vrystaat.
“Die ANC se onvermoë om dienste in munisipaliteite behoorlik te lewer wys dat die ANC beheer oor die provinsie verloor het. Diensleweringsprobleme mag nie onderwys en kinders se toekoms beïnvoed nie. Die toekoms van die provinsie is in die gedrag.
“Die VF Plus sal aanhou om terug te slaan teen die ANC se mislukkings in die provinsie. Die tyd het ook aangebreek dat kiesers die ANC vanjaar by die stembus wys dat sy mislukkings nie meer aanvaarbaar is nie.
“Die VF Plus bring reeds hoop in veelparty-regerings soos Tshwane en Johannesburg en wil dit ook vir Vrystaatse inwoners bring,” sê Wessels.