Die mosie ten opsigte van onteiening sonder vergoeding wat vandeesweek in die parlement aanvaar is, bedreig alle vorme van eiendomsreg, hetsy roerend, onroerend, intellektueel en andersins, en sal ekonomiese groei en vooruitgang in Suid-Arika op die ergste wyse denkbaar knel.
“Die VF Plus is daartoe verbind om privaat-eiendomsreg te beskerm,” het Dr Pieter Groenewald, VF Plus leier in ‘n onderhoud op Radio Rosestad gesê.
Groenwald sê dit is belangrik om te verstaan dat die mosie wat in die parlement aanvaar is, ‘n baie gevaarlike proses van grondwetwysiging begin het, maar dat dit ‘n langdurige proses is waartydens openbare deelname in die vorm van beswaarmaking deur die burgerlike samelewing moet geskied,
Regtig dit is absurd !!