Die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark waar drie kinders dood is toe ʼn voetoorgang-brug ineengestort het, het ʼn skokkende rassistiese nadraai en die VF Plus dring daarop aan dat die MRK dit met dieselfde dringendheid ondersoek as in vorige gevalle waar wit persone van rassisme beskuldig is.

Ene Siyanda Dizzy Gumede het na die voorval ʼn inskrywing op sy Facebookblad gemaak wat lui: (woordeliks) “Dont have heart to feel pain for white kids. Minus 3 future problems”.

Nog ʼn persoon, ene Sam Moon, het daarop geantwoord: “Minus 3 land criminals, great news”.

Die VF Plus sal nie langer staan en toekyk dat selektiewe optrede teen rassisme die maatstaf in Suid-Afrika word nie

“Wat hierdie uitsprake vererger, is dat dit totaal gevoelloos en hartelose kommentaar is op ʼn situasie waar kinders op ʼn grusame wyse gesterf het,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter.

“Die MRK kan daarvan bewus wees dat die VF Plus sy optrede met groot belangstelling sal volg om seker te maak dit word deeglik ondersoek en met dieselfde erns as sake waar wit persone van rassisme beskuldig was.

“Die MRK het telkens in sulke gevalle nie gehuiwer om sonder skroom deur openbare optrede en uitsprake te reageer teen die oortreders en sodoende direk betrokke te raak nie.

“Hierdie is ʼn duidelike bewys van rassewrywing wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap opbou juis omdat ʼn organisasie soos die MRK oënskynlik nie groot erns toon om kragdadig op te tree wanneer ʼn openbare figuur soos Julius Malema mense openlik tot geweld teen wittes aanhits nie.

“Die VF Plus sal nie langer staan en toekyk dat selektiewe optrede teen rassisme die maatstaf in Suid-Afrika word nie. Dit is in die belang van alle regdenkde mense in Suid-Afrika dat daar kragdadig, maar sonder vooroordeel, teen enige persoon opgetree word wat hom of haar aan rassisme skuldig maak,”sê Alberts.

VF Plus Vryheidsfront Plus Slaan terug teen diskriminasie Anton Alberts Siyanda Dizzy Gumede

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE