“Maatskappye soos Multichoice wat Afrikaanse kunstenaars boikot, boikot in der waarheid die groter Afrikaanse en Afrikaanssprekende gemeenskap aangesien die boikotte gerig is op groot geleenthede soos Afrikaans is Groot en nou die Ghoema-toekennings,” sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê dit is onaanvaarbaar en in der waarheid nie net ʼn belediging vir die hele Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika nie, maar ook vir alle kunstenaars. Net soos veral joernaliste die grondwetlike reg het op vryheid van spraak, so het kunstenaars ook die reg om hul spraakvryheid en vryheid van uitdrukking deur hul werk uit te leef.

Hulle is gewillig om die kunstenaars se geld te vat, maar draai verder die rug op hulle.

“Ironies genoeg is dit juis vanweë die feit dat ʼn kunstenaar soos Steve Hofmeyr bloot aandring op gelyke regte soos vervat en verskans in Suid-Afrika se Grondwet, dat hy nou die skyf geword het van sekere maatskappye.

“Die VF Plus ervaar dit as oneerlike dubbele standaarde aangesien van die maatskappye ook bande het met organisasies en partye soos die EFF en sy leier Julius Malema en daar nog niks gesê is oor die onverbloemde rassistiese uitsprake en haatspraak teenoor minderhede vanuit daardie oorde nie.

“Dit is daarom duidelik dat hierdie maatskappye glad nie ag slaan op die belange van minderhede nie. Hulle is gewillig om die kunstenaars se geld te vat, maar draai verder die rug op hulle.

“Op ʼn onbedoelde wyse is sulke maatskappye besig om ʼn gevoel van samehorigheid onder Afrikaanssprekendes te skep en hulle saam te snoer. Dit blyk veral uit die reaksie van ander kunstenaars wat hulle agter Hofmeyr teen Multichoice skaar.

“Die VF Plus se siening is daarom dat die betrokke maatskappye roekeloos optree ter wille van stiksienige politieke korrektheid. Sake-ondernemings moet hulle weerhou van inmenging by sulke kwessie of moet ewewigtig optree deur ook mense soos Malema en ander tereg te wys wat op een of ander wyse bande met hulle het,” sê Groenewald.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE