Die VF Plus het vasgestel enige internasionale belegging in Suid-Afrika is blootgestel aan onteiening sonder vergoeding. Die gevolge hiervan kan dodelik vir Suid-Afrika se ekonomie wees.

Suid-Afrika het nog net dertien bilaterale handelsooreenkomste in plek wat beskerming vir beleggers bied in geval van onteiening, en dit gaan nie hernu word wanneer dit verval nie. Daar bestaan ook 9 vervalde handelsooreenkomste wat steeds vir ‘n bepaalde tyd in werking is nadat dit verval het.

Dit blyk uit geskrewe vrae wat gerig is aan die minister van handel en nywerheid, en antwoorde wat aan die VF Plus se voorsitter, adv. Anton Alberts verstrek is.

Alberts sê ingevolge die dertien bestaande en nege vervalde handelsooreenkomste moet lande en hulle beleggers van wie in “nasionale belang” onteien word, streng volgens markwaarde vergoed word.

Hy sê dit sluit lande in soos Duitsland, België, Nederland, Italië, Suid-Korea, Rusland, China, Kuba en selfs Zimbabwe (laasgenoemde sedert 2010).

“Die VF Plus sal ook ‘n privaatlede wetsontwerp indien ten einde artikel 10 van die wet te wysig dat onteiening sonder vergoeding van internasionale beleggings nooit in enige omstandighede kan plaasvind nie.”

“In die plek van die ooreenkomste het Suid-Afrika egter die Wet op die Bevordering en Beskerming van Beleggers in plek geplaas wat, anders as wat die benaming aandui, feitlik geen beskerming aan beleggers bied indien hul belange sonder vergoeding onteien sou word nie. Die wet kom outomaties in werking sodra ‘n betrokke handelsooreenkoms se operasionele tydperk verstryk het.

“Van groot belang is artikel 10 van die wet wat bepaal dat internasionale beleggers het die reg tot  eiendomsreg soos vervat in terme van artikel 25 van die grondwet. Die implikasie is dat enige wysiging van artikel 25 van die grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik ook dus van toepassing sal wees op internasionale beleggers se bates. Die effek daarvan kan verreikend wees soos byvoorbeeld die onteiening sonder vergoeding van BMW se motorbou-aanleg insluitende enige intellektuele eiendomsreg, die onteiening van Disney se filmregte in Suid-Afrika in weerwil van die Berne Konvensie,  en die onteiening van genoteerde aandele van multinasionale maatskappye.

VF Plus SLaan Terug SA PEtisie Web ad

Teken die petisie teen ondteienig sonder vergoeding hier

“Die wet maak verder geensins voorsiening vir internasionale arbitrasie nie – anders as die handelsverdrae – en enige dispute sal alleenlik deur Suid-Afrikaanse howe bereg word. Suid-Afrika se ander handelsvennote moet dus nou hier belê met die wete dat hul beleggings verbeur kan word sonder enige internasionale regsbeskerming of -ingryping. Beleggers is dus uitgelewer aan enige interpretasie of wysigings van artikel 25 van die grondwet.

“Die verdrae wat reeds verval het, bied ‘n verdere werking van gewoonlik tussen 10 en 20 jaar nadat dit verval het ter beskerming van beleggings. Dit spreek egter vanself dat beleggers nie waarde aan so ʼn ooreenkoms sal heg indien ʼn land aandui dat hy onteiening sonder vergoeding as wettig beskou nie. Die beleggers sal eerder die tydperk gebruik om hulle beleggings uit die land te onttrek terwyl die vervalde handelsooreenkoms steeds tydelike regskrag het.

“Ironies is internasionale beleggers alreeds blootgestel aan ontneming sonder vergoeding – in teenstelling met onteiening – soos reeds neergelê in ʼn toetssaak – die AgriSA mineralebronne-saak – waar beslis is dat die staat eiendomsreg kan ontneem deur homself as kurator daarvan aan te wys.

“Dit is bekend dat die huidige wet nie met ope arms deur die internasionale beleggersgemeenskap verwelkom is nie en die VF Plus was hewig gekant teen die inwerkingstelling daarvan juis omdat dit beleggers sal verdryf.

“Die Amerikaanse Handelskamer het dit toe reeds (2015) op rekord geplaas dat tot R1.35 triljoen se beleggings in die balans hang weens die moontlike uitwerking van die wet.

“Voorleggings van die Amerikaanse Nywerheidskamer (NPC)- en die Europese Kamer van Handel en Nywerheid in Suid-Afrika  (EUCCISA) aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid het dit duidelik gemaak dat die groot onsekerheid rondom Suid-Afrika se ekonomiese beleid die hoofrede vir die wantroue is.

“Dit was voor die skok van onteiening sonder vergoeding en die ANC sal beleggers nou nog minder oorreed om plaaslike te belê. Die regering het geen ag geslaan op die waarskuwings van 2015 nie en het tewens uit sy pad gegaan om beleggers verder af te skrik.

“Gegewe hierdie analise gaan die VF Plus as deel van sy “Slaan terug SA”-veldtog om die internasionale gemeenskap in te lig ten opsigte van die bedreiging van eiendomsreg en ander menseregtevergrype in Suid-Afrika, skrywes aan al die betrokke lande se ambassadeurs en handelsministers rig oor die gevare wat hulle in die gesig staar. Die VF Plus sal ook ‘n privaatlede wetsontwerp indien ten einde artikel 10 van die wet te wysig dat onteiening sonder vergoeding van internasionale beleggings nooit in enige omstandighede kan plaasvind nie. Indien die ANC die privaatlede wetsontwerp verwerp, sal dit ‘n duidelike boodskap aan die wereld stuur dat hulle beleggings nie veilig is nie. Dit kan lei tot disinvestering en selfs sanksies teen die ANC-regering.

“Die VF Plus sal hierdie lande vra om in te gryp om die ANC-regering te keer om sy planne deur te voer,” sê Alberts.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE