Die VF Plus het geëis dat Metsimaholo se burgemeesterskomitee ‘n vergadering met inwoners van Oranjeville belê om te verduidelik waarom die dorp sedert Saterdagmiddag nie water het nie.

Die VF Plus het water vir raadop inwoners van Oranjeville en die Metsimaholo-informele nedersetting se inwoners aangery en boorgatwater tot hul beskikking gestel.

Dit is net nog ʼn voorbeeld van ‘n Vrystaatse dorp wat die slagoffer is van die ANC

Tydens ‘n besoek van die VF Plus aan die wateraanleg Sondag was geen personeel aan diens om die krisis te bestuur nie. Dit wil voorkom of instandhoudingswerk en onkundigheid by die wateraanleg die oorsaak van die probleem is.

Die VF Plus se Vrystaatse LPW, mev. Tammy Wessels, het die krisis onder die aandag gebring van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Oupa Khoabane, aangesien navrae oor die waterprobleem aan die munisipale bestuur onbeantwoord bly.

“Dit wil voorkom asof selfs die LUR nie antwoorde by die munisipale bestuur kry nie,” sê Theo du Toit, VF Plus raadslid in Metsimaholo (Sasolburg, Oranjeville, Deneysville)

“Dit is net nog ʼn voorbeeld van ‘n Vrystaatse dorp wat die slagoffer is van die ANC se gebrek aan politieke wil, swak munisipale bestuur en onkundige personeel. Die munisipaliteit het ‘n grondwetlike plig om seker te maak alle inwoners het toegang tot water.

“Indien die munisipaliteit nie sy grondwetlike mandaat nakom nie, moet hy ten minste aan inwoners verduidelik waarom hulle byna ‘n week nie water het nie.

“Kiesers het vanjaar die geleentheid om te stem vir ‘n party wat nie skroom om terug te slaan teen die ANC se swak dienslewering nie. Die VF Plus sal aanhou om druk te plaas op die munisipaliteit om seker te maak inwoners kry die dienste kry wat hulle verdien, sê du Toit.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE