Met die afsnydatum van 31 Mei 2018 vir openbare insette vir die beplande onteiening van eiendom sonder vergoeding, is dit belangrik dat elke Suid-Afrikaner, wat nie met die beoogde onteiening sonder vergoeding saamstem nie, die Vryheidsfront Plus (VF Plus) se SlaanTerugSA-petisie teken.
Die VF Plus sal na die afloop van die openbare insette-proses, alle handtekeninge wat met die petisie ontvang is, by die parlementêre Grondwetlike Hersieningskomitee indien as deel van die party se verset teen die beplande wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, wat die demokratiese beginsel van eiendomsreg verseker.
Alle handtekeninge wat ontvangs is, sal deur die VF Plus aan die komitee oorhandig word.
Dit is egter belangrik dat soveel moontlike handtekeninge voor die afsnydatum ontvang word om die versetaksie te versterk.
Teken gerus die petisie hier en deel dit met jou vriende en familie om dit te teken.
Indien daar ‘n behoefte is om ‘n harde kopie van die petisievorms te ontvang, kan die VF Plus-sekretaris, Ansie du Plooy gekontak word by hk@vf.co.za.
Dit is egter belangrik dat alle harde-kopië ook teen 26 Mei aan die VF Plus terugbesorg word.
Geen regering het die reg om wettig bekomde eindom van enige persoon te vat sonder vergoeding en dit dan vir iemand anders te gee of te gebruik soos hulle dit goed dink nie, waarvoor het mens jou hele lewe gewerk om iets te besit sodat dit net weg gevat kan word? Die regering moet ophou verniet gee en sy mense leer om te begin werk vir wat hulle wil he, dan sal alles nie uitgebrand, verniel en geplunder word nie hulle sal waardeer wat hulle het want hulle het dit verdien.