“Die nasionalisering van die Reserwebank as prioriteit vir die ANC laat die rooi-ligte flikker vir Suid-Afrika se demokrasie. Die verkiesingsmanifes van die ANC skep onsekerheid oor die onafhanklikheid van die Reserwebank in die toekoms,” sê Wouter Wessels, VF Plus LP en parlementêre woordvoerder vir finansies.
Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, het in ‘n televisie-onderhoud die ANC se siening jeens die Reserwebank hervestig deur te sê dié party se resolusie, wat tydens sy 2017-kongres aanvaar is om dié bank onder regeringsbeheer te kry, sal binne die volgende vyf jaar in werking gestel word.
Indien die nasionalisering slaag, sal die bank soos SAL, Eskom, Transnet en Prasa net nog ‘n ANC-mislukking raak
Wessels sê, soos in die geval van onteiening sonder vergoeding, die nasionalisering van die Reserwebank is ‘n gevaarlike aanslag op demokratiese beginsels.
Binne die ANC se nasionale uitvoerende komitee is daar nie eensgesindheid oor die resolusie nie. Die minister van finansies, Tito Mboweni het reeds gewaarsku teen die nasionaliseringsplan.
Die ANC se geskiedenis van plundering van die staatskas dien as bewys dat daar geen goeie uitkoms van ‘n genasionaliseerde Reserwebank sal wees nie.
“Die onafhanklikheid van die bank verhinder tans dat die ANC nie volle mag oor die land se ekonomie het nie. Die Reserwebank het ‘n grondwetlike mandaat om sy pligte onafhanklik en sonder vrees en vooroordeel uit te voer.
“Indien die nasionalisering slaag, sal die bank soos SAL, Eskom, Transnet en Prasa net nog ‘n ANC-mislukking raak wat verreikende gevolge vir Suid-Afrika se ekonomie sal inhou.
“Die VF Plus sal aanhou veg teen die totalitêre beleid van die ANC wat poog om alle staatsbronne onder sy mag te kry.
“ANC-resolusies is bloot party-resolusies en die implementering van die nasionalisering van die Reserwebank sal prosesse moet volg, waaronder ‘n grondwetwysiging wat deur die VF Plus beveg sal word.
“Dit is daarom belangrik dat kiesers in 2019 terugslaan teen die ANC deur te stem vir die VF Plus wat gesonde vryemark-beginsels voorstaan, waarvan ‘n onafhanklike Reserwebank een van die belangrikstes is,” sê Wessels.
Moenie DAT ANC En serlfs EFF die oorhand kry nie asb
Tannie Marchus het alreeds in haar termyn as president van die bank die goudreserwe geplunder en verkoop en dit voor die anc vol in beheer is.
Hulle vernietig alles