Die VF Plus gaan werklose jeugdiges nou met ʼn eie, unieke projek help om werk te soek in ʼn arbeidsmark waar die deur grootliks toegemaak is vir die wit jeug van Suid-Afrika.
SATalent vloei uit die groeiende werkloosheidsprobleem onder wit en bruin jeugdiges in Suid-Afrika met voorkeur wat ingevolge Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en Regstellende Aksie (RA) aan swart persone in die arbeidsmark gegee word.
Die mate waartoe veral wit jeugdiges uit die arbeidsmark gesluit word, blyk duidelik uit president Cyril Ramaphosa se rasgegronde inisiatief om werkloosheid onder die jeug aan te spreek, die Youth Employment Service (YES).
In teenstelling daarmee wil die VF Plus-Jeug deur SATalent aan alle werkloses die geleentheid bied om by sy program te registreer
Wie mag registreer?
Enige werksoeker is welkom om die vorm in te vul. Gelyke geleenthede vir almal geld en SATalent glo die beste kandidaat vir ‘n betrokke betrekking moet aangestel word, ongeag die kandidaat se ras.
Werkgewers kan met SATalent kontak maak om meer besonderhede oor CV’s en registrasie te verkry.
Wat is SATalent?
As gevolg van die benarde toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie is werkloosheid ‘n realiteit wat almal affekteer.
SATalent skep ‘n platform waar veral werklose jeug kan aanmeld om in verbinding gebring te word met sake-ondernemings wat opsoek is na bepaalde vaardighede.
SATalent sal ook poog om werkloses met sekere vaardighede, kwalifikasies en ondervinding in verbinding te bring met staatsdepartemente en plaaslike owerhede wat soortgelyke vakature het.
SATalent slaan terug teen diskriminerende praktyke in die arbeidsektor en staan gelyke geleenthede vir almal voor.
Hoe werk SATalent?
SATalent is ‘n platform waar werklose Suid-Afrikaners en werkgewers met mekaar in aanraking kan kom.
Werksoekers kan die elektroniese vraelys invul om te registreer.
Besighede het die geleentheid om by die inisiatief betrokke te raak deur hul besonderhede in te vul.