
Sê NEE vir onteiening
SONDER VERGOEDING
en beskerm jou privaatreg
VF Plus se plan
Soveel as moontlik voorleggings deur die burgerlike samelewing en individue moet tydens die openbare deelname-proses ingedien word om beswaar teen die voorgestelde grondwetwysiging aan te teken.
Suid-Afrikaners moet daarvan bewus gemaak word dat die voorgestelde wysiging alle Suid-Afrikaners se eiendomsreg, wat nie slegs die eienaars van landbougrond raak nie, sal wegneem en die ekonomie van Suid-Afrika sal vernietig.
2. Vergadering met president: Die VF Plus sal ʼn dringende ontmoeting met president Cyril Ramaphosa versoek en sal later ‘n griefskrif tesame met ‘n petisie aan hom oorhandig.
3. Petisie: Die petisie sal deel vorm van die openbare deelname-proses. Die petisie word landwyd versprei en is ook aanlyn beskikbaar by:www.slaanterugsa.org.za.
4. Optog: Beplan ‘n massabetoging vir Suid-Afrikaners om op te staan vir die beskerming van hul eiendomsreg.
5. Internasionalisering: Aktiewe skakeling met die Europese parlement, regerings, die Verenigde Nasies (VN) en ook deur middel van die VF Plus se lidmaatskap aan UNPO. Die leier van die VF Plus sal op 21 Maart na Europa vertrek vir verskeie vergaderings in hierdie verband. Suid-Afrika is ‘n ondertekenaar van die VN se Verklaring oor Menseregte. Onteiening sonder vergoeding is ‘n oortreding van artikel 17 van hierdie verklaring.
6. Onteieningsfonds: ‘n Trustfonds word gestig en die VF Plus sal aktiewe fondswerwing doen om op strategiese tye regsaksies te befonds met betrekking tot die grondwetwysigingsproses en om grondeienaars by te staan indien daar grondgrype plaasvind.
PETISIE TEEN ONTEIENING VAN ENIGE EIENDOM
Sonder Vergoeding
Ek, die ondertekende, ondersteun nie die beplande wysiging aan Artikel 25 van die Grondwet nie, wat die staat in staat sal stel om beslag te lê op enige eiendom sonder vergoeding.
93555