
Die uitgangspunt van die huidige regering om te poog om armoede te verlig en welvaart te skep deur welvaart te verdeel, sal nooit slaag nie. As gevolg van die gepaardgaande beleidsrigtings vind ekonomiese groei nie plaas nie en neem armoede en werkloosheid toe.
Regstellende aksie, of rasstellende aksie, laat ’n omvattende spoor van ekonomiese vernietiging.

Die COVID-19 pandemie en gepaardgaande inperkings het baie sake-ondernemings vernietig en baie werkloos en sonder inkomste gelaat. Die nood ken nie kleur nie. Tog gebruik die Suid-Afrikaanse regering ras as die kriteria om hulp aan ondernemings te bied.
Daar is talle kleiner sake-ondernemings soos eenman-ondernemings wat nie aan die vereistes van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan voldoen nie. Dit is ongeag ras opgebou uit entrepreneurskap tot voordeel van die totale ekonomie en werkskepping.
Baie van hierdie ondernemings is tydens die inperkingsperiode grootliks verbied om sake te bedryf en dié verbod sal in baie gevalle nog lank geld. Hierdie ondernemings het in besonder hulp nodig omdat hulle grootliks die vonk sal wees om die groter ekonomie weer aan die gang te kry post COVID-19.
Indien die ekonomie nie herstel nie, gaan mense van alle rasse daaronder ly, en daardie lyding gaan geen onderskeid tref tussen kleur nie.

Ek, die ondertekende, is gekant teen diskriminasie op grond van ras, doen ‘n beroep op die regering om hulp aan alle klein sake-ondernemings ongeag velkleur te gee en ondersteun ‘n bedeling waar gelyke geleenthede sal geld.
4828
Handtekeninge reeds ontvang

Velkleur kan nie gebruik word as ‘n veralgemeende aanduiding van minderbevoorregting nie en daarom moet velkleur nie as ‘n voorwaarde vir bemagtiging geld nie.
Meeste Suid-Afrikaners word direk of indirek deur rasgegronde wetgewing en kwotas benadeel.
Deel jou storie en veg saam vir ware gelykheid en ‘n beter toekoms.
Stuur ‘n video waar jy jou storie oor benadeling as gevolg van rasgebasseerde wetgewing vertel na
082 632 5051.

Die Huidig Benadeelde Besigheidsfonds is gestig om fondse in te samel om kleinsakeondernemings wat nie kwalifiseer vir staatshulp nie, by te staan.
Menige kleinsakeondernemings is erg geraak deur die inperkings en word nie deur ander instellings en die regering gehelp weens Swart Ekonomiesebemagtigingsvereistes nie.
Dit is tyd vir ‘n daadwerklike teenvoeter vir SEB.
Help vandag met ‘n skenking.
ABSA
9065171059
Rekening naam: VF Plus
Verwysing: HBBF
Staan saam teen diskriminasie.