“Die ANC se beheptheid om Suid-Afrka te verengels is ‘n gevaarlike speletjie ten koste van ons inheemse tale,” sê Tammy Wessels, VF Plus-jeugleier

Wessels sê indien Engels die enigste medium van onderrig word, soos die afgelope week by die Unversiteit van Pretoria (UP) aangekondig is, sal nie net Afrikaans in die slag bly nie, maar sal veeltaligheid toenemend in die gedrang wees.

Afrikaans het homself met trots ontwikkel tot ‘n hoërfunksie-taal

Selfs die minister van finansies, Tito Mboweni, het op Twitter aangedui dat hy nie saamstem met die UP se besluit nie. Suid-Afrika is inderdaad besig om homself in die voet te skiet met ‘n diskoers dat ‘n taal ‘n onderdrukker kan wees.

“Die feit dat minder Afrikaanse studente by die UP geregistreer is om in hul moedertaal bedien te word, is nie genoeg rede om Afrikaans uit die kurrikulum uit te faseer nie. Amper ‘n derde van UP-studente is Afrikaans-moedertaalsprekers.

Tito Mboweni UP

 

“Die ANC vergeet dat Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika is met meer as 6.85 miljoen moedertaalsprekendes in die land.

“Die ANC is duidelik ook nie bewus van die feit dat die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie, UNESCO, moedertaalonderrig so belangrik ag dat 2019 aangekondig is as Die Jaar van Internasionale Inheemse Tale. Die UP en ander universiteite is beslis nie in voeling met internasionale tendense oor taalgroepe nie.

“Afrikaans het homself met trots ontwikkel tot ‘n hoërfunksie-taal, maar word toenemend deur die ANC se transformasiemodel uit instellings verwyder wat mense wil verdeel en nie saamsnoer nie.

“Dit gaan hier nie werklik oor transformasie nie, maar oor ’n ANC-nasiebou-model wat nie voorsiening vir veeltaligheid maak nie,” sê Wessels.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE