Die VF Plus het klagte van moontlike haatspraak, rassisme en diskriminasie by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen Lindo Buthelezi, die man wat ʼn selfgemaakte video op sosiale media versprei het waarin hy ʼn wit bedelaar op straat beledig.

In die video sê Buthelezi onder meer (onvertaal):

  • “White people are murderers, my man. You`ve killed our forefathers, you are here illegally and you still want me to give you a R2.00. My man I feel disrespected”;
  • “How can you help people who have killed your entire generation and enslaved your people, it`s wrong”; and
  • “but my forefathers will kill me if I had to give a R2.00 to a white guy”.

“Dit is die VF Plus se mening dat hierdie uitlatings haatspraak, rassisme en diskriminasie teen witmense is,” sê adv Anton Alberts, VF Plus-voorsitter.

:Dit is rassisties polariserend en uiters beledigend teenoor alle wittes en benadeel sosiale samehorigheid in Suid-Afrika, aangesien hierdie standpunte nie verteenwoordigend is van die standpunte en waardes van die meerderheid mense in die land nie. Oningeligtes kan dit wel so vertolk.

:Die VF Plus verwag van die MRK om die uitlatings van mnr. Buthelezi dringend te ondersoek en die gepaste stappe teen hom te neem om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

“Die VF Plus sal terugslaan teen alle vorme van rassisme en pogings om sosiale samehorigheid in die Suid-Afrikaanse samelewing te ondermyn,” sê Alberts.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE