
Wat is SATalent?
As gevolg van die benarde toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie is werkloosheid ‘n realiteit wat almal affekteer.
SATalent skep ‘n platform waar veral werklose jeug kan aanmeld om in verbinding gebring te word met sake-ondernemings wat opsoek is na bepaalde vaardighede.
SATalent sal ook poog om werkloses met sekere vaardighede, kwalifikasies en ondervinding in verbinding te bring met staatsdepartemente en plaaslike owerhede wat soortgelyke vakature het.
SATalent slaan terug teen diskriminerende praktyke in die arbeidsektor en staan gelyke geleenthede vir almal voor.
Inisiatiewe van die regering wat poog om jeugwerkloosheid aan te spreek, soos die Youth Employment Service (YES) wat deur president Ramaphosa bekendgestel is, sluit wit jeug uit. Werklose jeug word op grond van hul ras toegang tot registrasie op hierdie diens, geweier. Dit is ongrondwetlik.
Hoe werk SATalent?
SATalent is is ‘n platform waar werklose Suid-Afrikaners en werkgewers met mekaar in aanraking kan kom.
Werksoekers kan die onderstaande elektroniese vraelys in vul om te registreer.
Besighede het die geleentheid om by die inisiatief betrokke te raak deur onderaan hul besonderhede in te vul.
Wie mag registreer?
Enige werksoeker is welkom om die vorm in te vul. Gelyke geleenthede vir almal geld en SATalent glo die beste kandidaat vir ‘n betrokke betrekking moet aangestel word, ongeag die kandidaat se ras.
Werkgewers kan met SATalent kontak maak om meer besonderhede oor CV’s en registrasie te verkry.