“Ná 25 jaar aan bewind is die parlementêre debat oor transformasie van Suid-Afrika se ekonomie om die bevolking te dien, ʼn erkenning van die ANC dat hy volkome misluk het as regering van die land en dat sy skadelike beleid slegs bygedra het tot die vernietiging van die ekonomie,” sê adv Anton Alberts, VF Plus-voorsitter.

Alberts sê die ANC het inderdaad reggekry om die land se ekonomie ingrypend te transformeer. Dit moet gemeet word aan ANC-logika wat transformasie gereduseer het tot ʼn obsessie met rasseverteenwoordiging ten alle koste, veral van ondervinding en vaardighede.

“Die gevolg is dat die ANC die land die afgrond in getransformeer het. Die lys van ‘transformasie-suksesse” in ANC-terme is duiselingwekkend.

“Eskom is grootliks deur Regstellende Aksie (RA) getransformeer tot ʼn leë dop wat die ekonomiese fondasie van die land weggekalwe het. Om dié skande te kroon is Eskom selfs op hierdie oomblik besig met verdere transformasie-planne om van nog meer ingenieurs ontslae te raak bloot omdat hulle wit is.

“Die VF Plus sien sukses as ‘n meriete-gegronde proses en eindproduk of -diens wat kan meeding met die beste in die wêreld”

“Dié absurditeit is in Suid-Afrika ʼn ANC-realiteit. Dienslewering is altyd ondergeskik aan transformasie.

“Die oorsaak van ekonomiese agteruitgang het dus te doen met die maatstaf van sukses.

“Ras moet nou vervang word met meriete om die ekonomie te verbeter”

“Die VF Plus sien sukses as ‘n meriete-gegronde proses en eindproduk of -diens wat kan meeding met die beste in die wêreld. Die ANC daarenteen sien sukses as ‘n transformasie-proses en eindproduk of -diens waaraan die korrekte hoeveelheid swart persone deelneem ongeag of dit werk of nie werk nie.

“Indien ʼn ekonomie dus gereduseer moes word ‘n rasse-sensus van kaartdraende ANC-lede met min of geen agting vir verdienste, sou ervare wit en swart mense nie in die openbare sektor wou werk nie en sou hulle, soos talle Eskom-ingenieurs, eindelik na ‘n ander land beweeg wanneer die private sektor ook die transformasie-doelwitte van die ANC weerspieël.

“Ras moet nou vervang word met meriete om die ekonomie te verbeter, en klem moet geplaas word op die beskerming van eiendomsreg eerder as die bedreiging daarvan.

“Op 8 Mei vanjaar kry kiesers die geleentheid om saam met die VF Plus terug te slaan teen ʼn regering wat alles in sy pad vernietig en waar elkeen se verkiesingskruisie die koers kan aandui na ʼn suksesvolle Singapoer-model of ʼn Venezuela-ramp bekook op die ANC se transformasie-resep.

Stop diskriminasie VF Plus Nou Of Nooit Slaan Terug

Pin It on Pinterest

Share This