Suid-Afrikaners het tot 31 Mei 2018 die geleentheid om geskrewe voorleggings oor die beplande wysiging van Artikel 25 van die Grondwet in te dien.

Die parlementêre Grondwetlike Hersieningskomitee het Vrydag aangekondig (sien verklaring onder) dat alle belanghebbendes tot dan voorleggings ten opsigte van die regering se plan om eiendom sonder vergoeding te onteien, kan indien.

Belanghebbendes sal ook die geleentheid kry om mondelinge voorleggings doen.

Die voorleggings vorm deel van die Nasionale Raad van Provinsies se openbare deelname-proses, waartydens belanghebbendes die geleentheid sal kry om voorleggings in te dien oor wysigings aan die Grondwet, alvorens Artikel 25 gewysig kan word.

Die VF Plus se SlaanTerugSA-veldtog se ses-punt plan het onder meer ten doel om Suid-Afrikaners van die prosesse in te lig.

Verskeie aksies, waaronder internasionale bewusmaking, inligtingsessies en die stigting van ‘n onteieningsfonds is reeds met vrug geloods.

SlaanterugSA plan

Die voorleggings is een van die demokratiese meganismes waarmee burgers hulle menings oor die beplande wysiging kan lig.

Indien jy ‘n geskrewe voorlegging wil indien, kan dit gerig word aan:

Ms Pat Jayiya
Committee Section,
PO Box 15,
Cape Town 8000
Dit kan ook ge-epos word na pjayiya@parliament.gov.za
Voorleggings per hand kan ingedien word by
W/S 091
3de Vloer,
Pleinstraat, Kaapstad.
Tel: (021) 403-3661, Faks 086 465 0678, Sel 081 441 0345
[MEDIA STATEMENT
CONSTITUTIONAL REVIEW COMMITTEE CALLS FOR WRITTEN SUBMISSIONS
Parliament, Friday, 13 April 2018 – The Joint Constitutional Review Committee has called for written public submissions on the review of section 25 of the Constitution and other sections where necessary, to make it possible for the state to expropriate land in the public interest without compensation.
This comes after the National Assembly in concurrence with the National Council of Provinces mandated the Constitutional Review Committee to propose the necessary constitutional amendments where applicable with regards to the kind of future land tenure regime needed.
As part its constitutional obligation to facilitate public participation, the committee invites written submissions from all stakeholders on the necessity of and mechanisms for expropriating land without compensation. In addition to the written submission, please indicate your interest in making an oral presentation to the committee.
The closing date for written submissions and requests for oral presentation is Thursday, 31 May 2018. Enquiries and written submissions can be addressed to Ms Pat Jayiya, Committee Section, PO Box 15, Cape Town 8000, email pjayiya@parliament.gov.za, tel (021) 403-3661, fax 086 465 0678, cell 081 441 0345. Hand delivered submissions can be submitted at W/S 091, 3rd Floor, 90 Plein Street, Cape Town.
ISSUED BY PARLIAMENTARY COMMUNICATION SERVICES ON BEHALF OF THE CHAIRPERSONS OF THE JOINT CONSTITUTIONAL REVIEW COMMITTEE, MR VINCENT SMITH AND MR LEWIS NZIMANDE]

VF Plus SLaan Terug SA PEtisie Web ad

Pin It on Pinterest

Share This