‘n DA-raadslid, Agnes Tsamai, het op drie klagtes teen haar skuld erken. Die klagtes wat teen haar gemaak is sluit onder andere in die intimidasie van amptenare, korrupsie en bedrog.

Die VF Plus het teen einde 2017 aan die raad bekend gemaak dat DA- en EFF-raadslede na bewering onwelvoeglik opgetree het en die raad versoek om die aanklagtes te ondersoek.

“Die VF Plus het ook bewyse in ons besit aan die Valke oorhandig en het verseker dat strafregtelike klagtes ingedien is,” sê De Wet Nel, VF Plus raadslid in die Rustenburg plaaslike munisipaliteit.

Dit herinner aan die optrede van die ANC self.

Die Speaker van die munisipaliteit, Shiela Mabale-Huma, het gehoor gegee aan die VF Plus se versoek en die aangeleentheid laat ondersoek. Die bevindinge van sodanige ondersoek is vandag aan die raad voorgelê.

“Die verdoemende bevindinge teen die betrokke raadslede sluit onder andere ‘n skulderkenning van Tsamai, die DA-raadslid in. Alhoewel Tsamai van sekere pligte in die party self onthef is, laat die party steeds toe dat sy as raadslid dien.

“Korrupsie moet met wortel en tak uitgeroei word. Dit is ‘n deurlopende stryd om die korrupsie en skynheiligheid van die regerende party aan die groot klok te hang. Dit is daarom nog meer onaanvaarbaar dat opposisieraadslede hulself daaraan skuldig maak en nie na behore deur hul partye getugtig word nie. Dit herinner aan die optrede van die ANC self.

“Die VF Plus sal aanhou om, soos in die geval, korrupsie te ontbloot en terug te slaan teen magsvergrype en wanbesteding van belastingbetalers se geld,” sê Nel.

Pin It on Pinterest

Share This
Open chat
Deel jou storie as video oor benadeling as gevolg van BEE